o/15 NETBAL : NOORD-KAAP PROVINSIALE – KEY MOTSEPE UITSPELE
Tydens die afgelope naweek van 26 Augustus het Uppies se o/15 A netbalspan aan die provinsiale uitspele te Kuruman deelgeneem.
Die span moes met vier ander spanne meeding op die dag. ‘n Hele jaar se harde werk moes nou inskop en die meisies het ware sportmangees sowel as “Uppieguts” gewys. Uppies het mooi en goeie netbal gespeel wat daartoe gelei het dat hulle ‘n spoggerige 1ste plek in die Noord-Kaap behaal het.
Hul uitslae was as volg:
Wen Kalahari 25-8
Wen Diamantveld 22-16
Wen Duineveld 19-9
Gelykop vs Noord-Kaap 20 elk
Die netbalseisoen is nog lank nie verby vir hierdie dogters nie en die harde werk lê nog voor. Wanneer die res van hul skoolmaats lekker rus, gaan die span tydens die Oktober vakansie aan die Nasionale uitspele van 5-7 Oktober in Vanderbijlpark deelneem. Ons wens hulle alle sterkte toe en glo dat hulle die Uppie-naam hoog sal hou tydens die toernooi.
Foto:
Agter van links na regs:
Raylene Muller, Beryl Ndhlovu, Elanie Brand, Berna Kilian, Janice Avenant, Marnel Oberholster
Voor van links na regs:
Nina Slabbert, Di-Marie Visser