Die week van 7 – 12 Augustus is die tradisionele Interjolweek.
Die jaar val die voorreg op Hoërskool Upington om dit aan te bied en Uppies beplan weer ‘n tradisieryke week vol aktiwiteite.
Die eerste tradisie wat voorgesit word, is die Herdenkingsdiens in die saal die Vrydagoggend 12 Augustus. Soos in die verlede geskied die diens in die vorm van ‘n saalbyeenkoms waarheen all oud- Uppies, oud onderwysers en enige belangstellendes genooi word. Almal is baie welkom om die kom,ongeag of dit jou jaargroep of nie, is.
Die Interjolweek gaan propvol aktiwiteite wees en deur die loop van die weke sal u daaroor ingelig word.
Geen skool kan funksioneer sonder sy ondersteuners nie daarom nooi ons al ons getroue Uppie-ondersteuners uit om die naweek saam met ons te geniet.