Cape Town Marathon. Hoërskool Punt is baie trots op Dian Barkhuizen wat tydens die Marathon se 10 km Peace Run ’n uitstaande prestasie gelewer het!
Dian het: 5de plek onder juniors (uit 135) behaal, 24ste plek onder mans (uit 3 657) én ’n nuwe persoonlike beste tyd van 32:27 aangeteken!
Die Cape Town Marathon is een van Afrika se grootste wedrenne en ’n kandidaat vir die Abbott World Marathon Majors. Dian se prestasie in hierdie internasionale byeenkoms beklemtoon sy talent, harde werk en deursettingsvermoë.
Baie geluk, Dian — jy maak Hoërskool Punt en Mosselbaai baie trots!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.pointhighschool.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








