Griekwas Bondedag-rugbyspanne. Duineveld se Rugbyhelde.
Hoërskool Duineveld, Upington, straal van trots oor ons spelers wat gekies is vir die verskeie Griekwas Bondedag-spanne! Hierdie prestasie is ’n bewys van harde werk, deursettingsvermoë en ’n onblusbare passie vir rugby.
Julle dra nie net die Duineveld-naam met glorie en onderskeiding nie – julle dra ook die drome van ons skool en gemeenskap saam elke keer as julle die veld betree.
Baie geluk aan elke speler! Die Velties wens julle alle sterkte toe vir die seisoen wat voorlê. Geniet elke oomblik, speel met hart, en gee altyd julle beste.
- André van Niekerk – o.15
- SG Jacobs – o.15
- Khotso Lebitsa – o.15
- Henco van der Merwe – o.16
- Jayron van Schalkwyk – o.16
- Denver Moeng – o.16
- Marnus de Jager – o.16
- Adriaan Swiegers – o.16
- Arno Wort – o.16
- CJ Kemp – 0.16
- Marius Coetzer – o.18
- Erik van Brederode – o.18
- AJ Jordaan – o.18
- Rivaldo Ruiter – o.18
’n Spesiale woord van dank aan ons afrigters, ouers en ondersteuners – julle onbaatsugtige toewyding en ondersteuning vorm die fondament waarop hierdie sukses gebou is.
Veltie-trots loop diep – en dit sal nog dieper loop met elke triomf wat voorlê!


Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










