OppieTongAf. OppieTongAf bring groot trots na Uppies.
By Hoërskool Upington glo hulle dat elke stem ’n verskil kan maak – en die leerders bewys dit keer op keer.
Baie geluk aan die Uppie-sterre:
- Lisa Bezuidenhout wat deurgedring het na die semi-finale rondte van die OppieTongAf-uitdunne in die Voorbereide Toespraak-afdeling.
- Clariza Swart wat uitsonderlik presteer het en uitgenooi is na die Nasionale Rondte van OppieTongAf in die Onvoorbereide Oorredingstoespraak-afdeling.
Uppies is ongelooflik trots op julle prestasies – julle laat Uppies se stem hard en duidelik hoor!
Julle twee wys dat talent, toewyding en selfvertroue die sleutel is om drome te bereik!

Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf











