SA Junior Nasionale Tennistoernooi. Baie geluk aan Grace Dippenaar (o.12) wat van 1–5 April 2026 aan die American Express Suid-Afrikaanse Junior Nasionale Tennistoernooi in Bloemfontein deelgeneem het. Hierdie toernooi is ’n nasionale geleentheid wat top-talente byeenbring. Grace het met groot toewyding en vasberadenheid gespeel en ’n uitstekende 3de plek behaal teen die beste jong tennisspelers in die land.
Hierdie prestasie is ’n bewys van haar harde werk, ure se oefening en ’n ware liefde vir die sport. Grace se deursettingsvermoë en sportmanskap maak haar ’n inspirasie vir haar spanmaats en die hele Oranje-familie.
Ons is ongelooflik trots op jou, Grace – jy dra die naam van Primêre Meisieskool Oranje met eer en wys dat drome en doelwitte deur harde werk bereik kan word. Grace, mag hierdie prestasie die begin wees van nog vele hoogtepunte op die tennisbaan.
Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor









