Grey Kollege Toernooi – Hoërskool Trio se o.14A en o.14B rugbyspanne het tydens die vakansie aan die Grey Kollege Toernooi deelgeneem. Deelname aan die gesogte Grey Kollege Toernooi het die Trio manne harde wedstryde gespeel en waardevolle lesse geleer. Die spangees was die hoogtepunt.
Al het die telbord nie altyd die uitslae gewys wat hulle gehoop het nie, het elke speler met trots en vasbyt gespeel. Die ervaring het nie net hul vaardighede geslyp nie, maar ook hul karakter en spanband versterk.
o/14A Uitslae
- Trio 50–0 Landboudal
- Trio 7–19 Noordheuwel
- Trio 15–10 Union High School
o/14B Uitslae
- Trio 0–36 Grey Gekombineerd
- Trio 14–42 St Andrews A
- Trio 21–26 Potch Gim A
Die toernooi was ’n ware toets van krag en vasberadenheid. Die rugbyspelers van Hoërskool Trio het met koppe omhoog van die veld af gestap. Trio sien met groot opgewondenheid uit na die res van die seisoen. Elke wedstryd is ’n nuwe kans om te groei, te leer en te wen.
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








