Vrystaat Hengel Kampioenskappe – Dian van Zyl, leerder van Bethlehem Voortrekker Hoërskool, het die afgelope naweek deelgeneem aan die Vrystaat Hengel Kampioenskappe. Dit het plaasgevind by die Vaaldam. Dian het sy merk gemaak met ‘n hengelprestasie van formaat. Hy het met groot toewyding en vaardigheid ’n 2de plek algeheel behaal. Dit is ’n prestasie wat hom onder die tophengelaars van die provinsie geplaas het.
Tydens die Vrystaat Hengel Kampioenskappe behaal Dian 2de plek vir die grootste karp van die naweek. Hierdie vis het sy talent en geduld perfek weerspieël. Met ’n totaal van 8 visse wat saam ’n indrukwekkende 3,42 kg geweeg het, het Dian gewys dat hy nie net ’n passie vir hengel het nie, maar ook die vaardigheid om daarvan ‘n sukses te maak.
As skoolgemeenskap is hulle uiters trots op hom. Dian is ’n inspirasie vir sy mede-leerders en ’n ware ambassadeur vir Bethlehem Voortrekker Hoërskool.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.voortrekker.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








