Kalahari-Vasbyt – Meneer Yannis Coetzer van Laerskool Stulting, Humansdorp, het vanjaar ’n merkwaardige rol vervul as leier by die Kalahari-Vasbyt. Die Kalahari Vasbyt word jaarliks in die Kalahari-woestyn gehou. Dit is ’n intensiewe leierskaps- en karakterbou-kursus vir graad 11-seuns of jongmanne wat 17 jaar oud word. Dit is ’n fisiese én geestelike uitdaging wat dissipline, uithouvermoë en spanwerk ontwikkel.
Sy betrokkenheid en leiding het nie net die span geïnspireer nie. Hy het ook ’n sterk voorbeeld gestel van deursettingsvermoë en toewyding. Die skoolgemeenskap is uiters trots op sy bydrae en die waardes wat hy uitleef. Al die take wat van deelnemers verwag word, word ook deur die leiers gedoen. Dit is dus baie uitdagend maar nooit vernederend nie.
Verder het Meneer Yannis sy sportiewe kant ten volle gewys deur deel te neem aan die NMB Gqeberha Ultra 2026. Hy het die 21 km halfmarathon met groot vasberadenheid aangepak en dit suksesvol voltooi in ’n indrukwekkende tyd van 2 ure en 55 sekondes. Hierdie prestasie is nie net ’n persoonlike oorwinning nie, maar ook ’n bron van inspirasie vir die leerders en personeel. Dit wys dat harde werk, dissipline en ’n gesonde leefstyl tot groot hoogtes kan lei.
Stulting vier saam met hom hierdie mylpale en glo dat sy voorbeeld nog baie jong mense sal aanmoedig om hul eie grense te toets en nuwe doelwitte te bereik.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








