Skole-krieket. Op ’n helder dag in Welkom het Hoërskool Fichardtpark (Fichies) en Hoërskool Goudveld (Gouties) mekaar die stryd aangesê in ’n kragtige Skole-krieket wedstryd wat tot die laaste paaltjie spanningsvol was.
Eerste beurt: Goudveld aan die kolf
Fichies wen die loot en kies om Goudveld eerste te laat kolf. Die besluit het gou vrugte afgewerp toe Dillan Geringer sy ritme vind en die kolwers behoorlik laat rondtas. Hy lewer ’n uitstaande boulvertoning met 5 paaltjies vir slegs 22 lopies in 10 beurte. Dit is ’n prestasie wat die momentum sterk in Fichies se guns plaas. Goudveld kon nooit heeltemal vastrapplek kry nie en is uiteindelik vir 113 lopies uitgeklop.
Tweede beurt: Fichies aan die kolf
Die kolfbeurt was egter alles behalwe maklik. Die veld was uitdagend en Goudveld se boulers het vasgebyt. Fichies se kolwers moes diep delf en hard werk om die teiken te bereik. In die middel van die spanning het kaptein Diederik de Vos sy span geanker met ’n kalm en geduldige beurt van 42 lopies. Dit was ’n ware kapteinsbeurt wat die verskil gemaak het.
Met senuwees wat tot die uiterste getoets is, het Fichies die wenlopies behaal en die wedstryd met 2 paaltjies gewen. Die oorwinning was ’n bewys van vasberadenheid, spanwerk en die vermoë om onder druk te presteer.

Lees meer interessante skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










