Duxleerder Kroon haar Loopbaan – Denise Cilliers van Hoër Meisieskool Oranje het as Duxdleerder haar Oranje-loopbaan met uitmuntende matriekuitslae voltooi.
Met ’n indrukwekkende gemiddeld van 92,46% en agt onderskeidings, het Denise Cilliers haar plek as Duxleerder haar loopbaan gekroon uit ’n groep van 145 matrieks.
Denise se akademiese prestasie is net die begin van haar inspirerende verhaal. Sy het haar hele hoërskoolloopbaan 1ste in haar graad gestaan, en haar uitslae weerspieël haar toewyding.
Denise se matriekuitslae is as volg:
- Afrikaans Huistaal: 96%
- Engels Huistaal: 92%
- Lewensoriëntering: 96%
- Wiskunde: 82%
- Lewenswetenskappe: 93%
- Fisiese Wetenskap: 84%
- Duits Tweede Addisionele Taal: 95%
- Musiek: 95%
Buite die klaskamer het Denise ook haar merk gemaak. Sy was ’n VRL-lid, koor- en orkes-kaptein, ’n Mej. Oranje-finalis, lid van Con Spirito, en het die Midmarmyl voltooi.
In haar eie woorde:
“Om Oranje se toppresteerder te wees, is ’n kosbare afsluiting van my skoolloopbaan. Wat my gemotiveer het om hard te werk, is ’n eenvoudige hartsbelofte: ek skuld die lewe my beste. My toekomsdroom is om ander te inspireer soos ek reeds geïnspireer is.”
Denise se verhaal is ’n getuienis van harde werk, karakter en ’n hart vol passie. Oranje is trots op haar, en weet haar toekoms gaan net so blink skitter soos haar matriekprestasie.
Met uitslae soos hierdie, bewys Denise dat toewyding, deursettingsvermoë en passie vir leer werklik vrugte afwerp. Dit is ’n merkwaardige prestasie wat inspirasie bied aan elke jong akademikus.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien










