Rugby Konsultant – Daar is groot nuus by Hoërskool Bellville! Die rugbyprogram kry ’n kragtige hupstoot met die aanstelling van Marcel Theunissen as die nuwe rugby konsultant.
Marcel bring ’n skatkis van ervaring saam. Hy het al meer as 80 wedstryde vir die Stormers gespeel en was vanjaar deel van die afrigtingspan by die WP o.21’s. Sy diep kennis van die spel, sy harde werksetiek en sy passie vir jong talent maak hom ’n waardevolle toevoeging tot Hoërskool Bellville.
Hy gaan as rugby konsultant nou saamwerk met die o.14 tot o.19 spanne. Marcel gaan fokus op sleutel-aspekte soos vaardigheidsontwikkeling, verdediging, spelpatrone, lynstane en, natuurlik die bou van ’n sterk rugbykultuur.
Welkom by die Bellville-familie, Marcel! Hoërskool Bellville kan nie wag om te sien watter verskil jy gaan maak in die spelers se groei en die toekoms van Bellville-rugby nie.
Lees meer: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








