Mnr/ Mej Driehoek 2025. Twee onvergeetlike aande vol styl, selfvertroue en ware Driehoek-gees het Hoërskool Driehoek se harte verower! Woensdag het die juniors die verhoog behoorlik laat skitter. Donderdag het die seniors die aand aan die brand gesit met hul flair en charisma.
’n Hartlike dankie aan elke deelnemer en afrigter vir hul toewyding. Die beoordelaars word ook bedank vir hul waardevolle insette. Driehoek se ystervrou – Juffrou Marylise van Tonder – is bedank vir haar passievolle leiding en foutlose beplanning. “Jy is ’n krag!”
🏆 Toekennings:
Fotogenies: Junior dogter: Catelyn Steyn • Senior dogter: Xienané Venter • Junior seun: Dylan Pretorius • Senior seun: Bennie Vorster
Persoonlikheid: Junior dogter: Ni’Yoke van Tonder • Senior dogter: Suné Palm. Junior seun: Caulio Koen • Senior seun: Thatego Melato
2e Prins & Prinses: Junior prins: Matthew Stickling • Senior prins: Lucius Nortjé. Junior prinses: Melandri du Plessis • Senior prinses: Charlaine Stickling
1e Prins & Prinses: Junior prins: Derick Hugo • Senior prins: Juvan van Rensburg. Junior prinses: Mieke van Niekerk • Senior prinses: Tiana Geldenhuys
⭐️ Mnr Driehoek 2025 👑 • Junior: Janu van der Westhuizen • Senior: Eon van der Westhuizen
⭐️ Mej Driehoek 2025 👑 • Junior: Dania Fouché • Senior: Samantha Matthews
Baie geluk aan elke wenner – julle het Hoërskool Driehoek met trots en styl verteenwoordig.
Vorentoe en boontoe 🚀



Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








