Vrystaat Sportsterre Gala-aand. 🏆 Hoërskool Fichardtpark skitter by Vrystaat Spertsterre Gala-aand. Foto bo: Judy Watson, Mnr Herman van der Merwe en Matthew Durow.
Tydens Vrystaat Sportsterre Gala-aand se glansgeleentheid is twee uitmuntende sportpresteerders van Hoërskool Fichardtpark vereer vir hul nasionale prestasies:
- Matthew Durow – Goue medalje in hamergooi by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.
- Judy Watson – Goue medalje in gewigstoot tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.
Hierdie ongelooflike prestasies is ’n bewys van hul harde werk, toewyding en ware talent. Maar die trots het nie daar geëindig nie…
Verskeie senior sportsterre van Fichardtpark het ook erkenning ontvang:
- Xandri Fourie – 0.14A Netbalspeler
- Karla Pretorius – Eerste span afrigter, asook talentvolle Kovsie Varsity Cup netbalster. Karla is ook Netbaldirekteur en afrigter van Hoërskool Fichardtpark, asook Kovsies Netbalhulpafrigter.
- Karla Marais – Oud-skolier en onderhoofdogter van 2024, tans ’n trotse verteenwoordiger van Kovsies Hokkie op USASA.
Fichies sê dankie aan elkeen van julle – ware ambassadeurs van Hoërskool Fichardtpark. Julle dra die skool se naam met trots en inspireer ’n nuwe generasie sportsterre!


Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/ https://fpark.co.za
Foto’s verskaf









