Aanstelling van nuwe skoolhoof – Hoërskool DF Malan, Kaapstad.
Na ’n intensiewe en deeglike keuringsproses is Hoërskool DF Malan in Kaapstad verheug om met groot dankbaarheid aan te kondig dat mnr. Hannes Oosthuizen vanaf Januarie 2026 die leisels as nuwe skoolhoof van Hoërskool DF Malan, Bellville, Kaapstad sal oorneem.
Die skool wil ’n opregte dankie sê aan elke lid van die skoolgemeenskap – vir julle geduld, onwrikbare ondersteuning en gebede gedurende hierdie belangrike tyd. Julle betrokkenheid het ’n onmisbare rol gespeel in die pad vorentoe.
Met mnr. Oosthuizen aan stuur sien DF Malan uit na ’n nuwe seisoen van groei, inspirasie en seën – saam met hul geliefde bloubloed DF-familie. Mag hierdie nuwe hoofstuk gevul wees met visie, energie en ’n hernude toewyding aan uitnemendheid.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








