Wiskundige Geletterdheid. Gouties se Sterre Skyn Helder! 🌟
Hoërskool Goudveld in Welkom vier met trots die uitsonderlike prestasie van drie briljante leerders: Logan Eksteen, Markus Maritz en Lirené Verwey!
Hierdie trio het hul wiskundige vaardighede ten toon gestel en 2de plek behaal in die distriksrondte van die Wiskundige Geletterdheid Uitdaging. As erkenning vir hul uitmuntende werk is elkeen met ’n medalje beloon – ’n ware bewys van harde werk en toewyding!
Nou wag die volgende groot mylpaal: die provinsiale rondte op 18 September in Bloemfontein. Ons glo in julle, hou duimvas en weet dat julle Goudveld met trots sal verteenwoordig.
Sterkte met die voorbereiding – julle is ’n inspirasie vir ons almal!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








