Netwerk24 Wiskundekompetisie. Hoërskool Fichardtpark vier uitnemendheid in Wiskunde!
Baie geluk aan Kara Kruger en Rikus Badenhorst, twee uitmuntende leerders van Hoërskool Fichardtpark. Hulle het onlangs hul wiskunde-talent ten toon gestel het tydens die Netwerk24-Wiskundekompetisie.
Kara het ’n algehele tweede plek in die Vrystaat behaal in die Graad 8–9-afdeling. Dit is ’n merkwaardige prestasie wat haar toewyding en liefde vir wiskunde weerspieël. Rikus het nie op hom laat wag nie en het ’n derde plek in die Graad 11–12-afdeling ingepalm — ’n bewys van sy harde werk en akademiese uitnemendheid.
Hierdie kompetisie bring van die beste jong denkers in die provinsie bymekaar, en om só hoog te presteer teen mededingers van regoor die Vrystaat is ’n prestasie waarop ons as skool ongelooflik trots is.
Fichies eer Kara en Rikus vir hul deursettingsvermoë, en bedank ook hul onderwysers en ondersteuners wat hul pad na sukses help vorm het. Julle is ware ambassadeurs van akademiese uitnemendheid!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








