Provinsiale Hokkie. Hoërskool Duineveld in Upington wens graag die drie Veltie hokkiespelers geluk wat die Noord-Kaap o.14-hokkiespan verteenwoordig het tydens die provinsiale hokkietoernooi wat in Gauteng plaasgevind het.
‘n Spesiale gelukwensing aan Amy Louw wat ook die span se kaptein was.
Die drie spelers is:
- Kayley van den Berg
- Caitlyn Olivier
- Amy Louw
Velties is ongelooflik trots op julle en julle prestasie!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf









