Western Province Grant Khomo. Hoërskool Strand se talentvolle ruby-ster, Preston-Lee Tobias, is ingesluit in die Western Province Grant Khomo XV-span wat vanaf 29 Junie tot 4 Julie by St Alban’s College in Pretoria aan die Grant Khomo Week gaan deelneem.
Dit is ‘n baie groot eer om gekies te word vir hierdie gesogte nasionale toernooi. Dit is een van die grootste verhoë vir opkomende talent om raakgesien te word. Preston-Lee se deursettingsvermoë, toewyding en talent word hiermee beloon.
Die skool en breër gemeenskap ondersteun Preston-Lee en wens hom alle sterkte toe vir die wedstryde wat voorlê.

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








