Fichie Big Brag 2025. “Aan al ons wintersport-eerstespanne. Die Fichie-brag is nie sommer net nog ’n oorhandigingsgeleentheid nie. Dis die dag wat julle die gees van Fichardtpark op en af van die veld dra – met trots, met hart, en met vasberadenheid.
Wanneer julle daardie eerstespan-klere aantrek, is dit nie net klere nie – dit is ‘n ereteken. Julle is nie net spelers nie, julle is ambassadeurs van ons skool, ons gemeenskap, en van elke afrigter, ouer en jong speler wat opkyk na julle.
Die wêreld sien dalk net ’n wedstryd, maar ons weet beter – dit is ‘n oorlog van trots, spanwerk, en karakter. En julle is die vegters op die voorste linie.
Onthou, jy speel nie net vir jouself nie. Jy speel vir jou span, vir daardie leeuwapen op jou bors, en vir die jong seuns en dogters langs die kantlyn wat droom om eendag in jóú skoene te wees.
Daar gaan oomblikke wees wanneer dit moeilik raak – wanneer jou bene brand en jou bors vuur. Maar dis in daardie oomblikke waar ware kampioene opstaan.
Soos Michael Jordan gesê het: “Talent wen wedstryde, maar spanwerk en intelligensie wen ligas.”
En nog ‘n goeie een van Serena Williams: “Ek het geleer hoe belangrik dit is om vas te byt, selfs wanneer jy moeg of moedeloos is – want dis dan wanneer oorwinning gebore word.”
Fichardtpark, julle is meer as net ’n span – julle is ’n familie. En families staan saam, val saam, en staan weer op – saam.
Hou julle koppe hoog. Hou julle harte vas en Hou Fichardtpark se naam hoog. En laat niemand ooit twyfel aan wie ons is nie.
Ek sluit af. Laat julle:
- Koppe in die wolke
- Harte in die Hemel
- Voete op die grond”
Mnr. Herman van der Merwe, Skoolhoof



Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf









