George Netbaltoer 2025. Na vier harde dae van netbal, sluit Bulties se eerste netbalspan hul toer op ‘n hoë noot af.
Hulle wen hul laaste groepwedstryd teen Campsbay High School met 30 – 27. Daarmee dring hierdie span deur na die semi-finaal.
Bulties wen ook die semi-finaal teen Hoërskool Wynberg met 11 – 7 om teen Hoërskool Noord-Kaap in die finaal te speel. Hulle verloor ongelukkig in die finaal en eindig algeheel tweede.


Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.facebook.com/bulties
Foto’s verskaf











