Junior Streekskiet Suikerbosrand. Reinhardt Peens, leerder van Fichardtpark Primêre Skool, is ook ‘n trotse lid van die SA Jagtersvereniging. Reinhardt het die afgelope naweek aan die Junior Streekskiet Suikerbosrand deelgeneem en uitstekend presteer!
Hy behaal ‘n derde plek in die o.13 PCP-afdeling met uitstekende nasionale tellings. Verder ontvang hy ook sy SAJWV Vrystaat Sportskietkleure in .22 Randslag.
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










