)

Ligbron beste matriekuitslae in streek

Met ‘n matriekslaagsyfer van 99,21% is Ligbron Akademie vir Tegnologie die beste skool in die Msukaligwa 1 kring (sluit in al die skole in en rondom Ermelo).  Hierdie kring is ook saam met Standerton se kring die top kring in die Gert Sibande streek.

Ook is twee leerders, Matthias Johannes en Dannhau van den Berg, vereer as vierde en sewende op die Top Tien (algeheel) in Mpumalanga, tydens die Mpumalanga Prysuitdeling wat op Vrydag, 5 Januarie 2018 plaasgevind het.  Hulle kry elkeen ‘n vol beurs, laptop, tablet, R10 000 en studiesak.

Vier leerders slaag met 7 onderskeidings elk: Matthias Johannes –  Wiskunde 97%, Engels Eerste Addisionele Taal 91%, Lewensoriëntering 92%, Elektriese.Tegologie 95%, IGO 95%, Fisiese Wetenskap 96%, Admaths 96% en ‘n gemiddeld van 91,9%; Dannhau van den Berg– Wiskunde 94%, Afrikaans Huistaal 80%, Engels Eerste Addisionele Taal 89%, Lewensoriëntering 93%, Meganiese Tegnologie 91%, IGO 98%, Fisiese Wetenskap 95% en ‘n gemiddeld van 91,3%; Stephan Stapelberg– Wiskunde 91%, Afrikaans Huistaal 80%, Engels Eerste Addisionele Taal 91%, Lewensoriëntering 93%, Lewenswetenskap 90%, Rekeningkunde 92%, Fisiese Wetenskap 95% en ‘n gemiddeld van 90,3%; Carien Kritzinger – Wiskunde 89%, Afrikaans Huistaal 83%, Engels Eerste Addisionele Taal 84%, Lewensoriëntering 88%, Lewenswetenskap 82%, Rekeningkunde 94%, Fisiese Wetenskap 90% en ‘n gemiddeld van 87,1%.

Twee leerders slaag met ses onderskeidings elk: Stephanie Krause- Wiskunde 97%, Afrikaans Huistaal 84%, Lewensoriëntering 94%, Lewenswetenskap 92%, Rekeningkunde 93%, Fisiese Wetenskap 97%, Engels Huistaal 77% en ‘n gemiddeld van 90,9%.  (Sy het Afrikaans en Engels op huistaalvlak geneem).  Zulaika Arbee- Maths 90%, Afrikaans FAL 88%, Life Orientation 92%, Life Science 92%, Accounting 90%, Physical Science 92%, English Home Language 78% with an average of 88,9%.

Die volgende leerders het elk vyf onderskeidings: Nokuthula Ndweni- Maths 95%, Afrikaans FAL 87%, Life Orientation 88%, Geography 82 and Physical Science 90%; Alice van der Walt-Wiskunde 83%, Engels Eerste Addisionele Taal 85%, Lewensoriëntering 87%, Lewenswetenskap 85% en Fisiese Wetenskap 83%; Christy Langdon- Wiskunde 85%, Afrikaans Huistaal 82%, Engels Eerste Addisionele Taal 86%, Lewensoriëntering 91% en Fisiese Wetenskap 81%; Zanenhlanhla Ndlovu- Maths 81%, Afrikaans FAL 84%, Life Orientation 92%, Life Science 89% and Physical Science 84% and Lethabo Dihlake- Afrikaans FAL 84%, Life Orientation 88%, Life Science 81%, Accounting 89% and Physical Science 83%.

Sewe leerders slaag met vier onderskeidings elk, agt leerders met drie onderskeiding, vyftien leerders met twee onderskeidings en drie en twintig leerders met 1 onderskeiding.  Drie vakke het ‘n gemiddeld bo 70%, nl Rekeningkunde, Lewenswetenskappe en Lewensoriëntering.  Wiskunde en Siviele Tegnologie het dit net-net gemis met 69% elk.  In Fisiese Wetenskap is daar in totaal 21 onderskeidings (ses bo 90%) en in Wiskunde het 18 onderskeidings (agt bo 90%)  Dit is dan ook die veertiende agtereenvolgende jaar wat Ligbron ‘n 100% slaagsyfer in Wiskunde verkry.  In Lewenswetenskappe is daar 12 onderskeidings, Afrikaans FAL 15 onderskeidingd en in Engels Eerste Addisionele Taal 10 onderskeidings.

Mnr. Dup Van Rensburg (skoolhoof) het sy waardering, teenoor almal wat vanaf graad een betrokke was by klas 2017, uitgespreek. Sy dankbaarheid is groot teenoor die LIGGIES se personeel wat so positief hard werk om sukses vir ons leerders te bevestig.

Baie geluk aan klas 2017 asook hulle ouers wat so getrou en met puik dissipline die pad met ons gestap het. Ons is baie trots op u. Ligbron Akademie word gerespekteer as een van die top akademiese skole in Mpumalanga en ons eer ons Hemelse Vader vir die prosesse en mense wat Hy in plek sit om sukses te verseker.

Van Rensburg wens dan ook al die skole geluk wat 100% slaagsyfer gehaal het, asook aan die ERRIES se William Gardiner en Stephan van der Merwe met hulle puik 8 onderskeidings elk.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal