Die musiekleerlinge van die Hoërskool Robertson vaar uitstekend in die onlangse Wordester Eisteddfod 2017.

Die uitslae is as volg:

*Mariana Botha (Klavier) – Kry twee cum laude sertifikate. 90% vir altwee items.

*Bianca Süssmann (Fluit) – Kry drie goud sertifikate.  Vir klavier kry sy ook twee cum laude sertifikate.

*Lehandre Wolmarans (Klavier) – Kry twee goud sertifikate en een medalje met ‘n pragtige 95%.

*Lehandre Wolmarans en Christine Van Zyl kry ‘n cum laude sertifikaat vir hul klavierduet.

*Jana van Zyl (Klavier) – Kry een goud sertifikaat en een cum laude sertifikaat.

Baie geluk! Julle is beloon vir jul harde werk!

Op die foto heel bo:

V.l.n.r is dit Mariana Botha, Lehandre Wolmarans, Jana van Zyl, Christine Van Zyl en Bianca Süssmann.

Become a Sponsor