Sportman van die week. Uppies wens graag vir Roux Erasmus van harte geluk met sy aanwysing as Hoërskool Upington se Sportman van die Week vir 4 – 9 Mei.
Roux het die afgelope naweek tydens die hokkie-liga in Kimberley ’n verstommende 16 doele aangeteken — ’n prestasie wat sy talent en toewyding duidelik onderstreep.
Dis mos nou wat jy ’n ware ‘striker’ noem! Jou harde werk, spelvernuf en koelkop-afronding voor die doelhok maak jou ’n inspirasie vir jou span en vir die hele skool.
Baie geluk, Roux! Mag hierdie mylpaal net die begin wees van nog groter hoogtes in jou sportloopbaan.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










