Onderhoud met Roebie Strauss – Grey Kollege Primêr

Onderhoud met Roebie Strauss. AD Roux, lid van die redaksie van Grey Kollege se Stabilis Junior, het ‘n onderhoud gevoer met Mnr Roebie Strauss wat onlangs afgetree het.

“Meneer staan aan die einde van ‘n lang skoolloopbaan – hoe voel Meneer hieroor?” ” Dit is met gemengde gevoelens, maar ek is ook onseker. Ek is seker dat die jare wat kom net so wonderlik sal wees soos die jare wat verby is.”

Die standaard van natuurwetenskap en die liefde vir die vak is baie belangrik – watter bydrae het Meneer gelewer op hierdie vakgebied?” “Ek het altyd my beste gedoen om die kinders wyer te laat kyk na alles om hulle. Ek glo ek het hulle positief beïnvloed en dat hulle ander se opinies en kulture sal respekteer.”

Een staaltjie

“Beskryf een staaltjie uit Meneer se loopbaan wat u altyd sal bybly en sal onthou.” “Staaltjies was daar natuurlik baie. Daar was ‘n houer met warm sjokolade op Juffrou Stals se tafel. Ek het Eno’s daarin gegooi sonder haar medewete. Toe sy ‘n beker daarvan maak en die water ingooi en dit begin skuim, het sy nie geweet wat aangaan nie. Juffrou Stals vra toe die kinders of sjokolade so moet maak. Dit was toe ‘n groot gelag met die Eno’s in die sjokolade.”

“Grey is deel van ons bloedlyn – beskryf Meneer se gevoel oor Grey.” “Grey Kollege is absoluut ‘n deel van my. Dit is maar wie ek is. Van Hoërskool tot nou toe. Grey is uniek, daar is net iets rondom die dissipline, respek en trots wat elke seun het. Grey is ‘n ervaring, ‘n gevoel wat jy nie kan beskryf nie. Dit was ‘, voorreg om ‘n Grey man te wees.”

“Vertel ons meer van Meneer se planne na aftrede. Waarheen nou?” “Ek beplan om gehalte tyd saam met my vrou en kinders te spandeer, elke oomblik te waardeer en te geniet. Ek wil ook graag gaan visvang saam met my seun.”

Vinnige feite

  • Gunsteling vakansiebestemming… Jeffreysbaai
  • Gunsteling restaurant en gereg… Die Kospot by Jeffreysbaai. Gunsteling rereg is skaapafval, beesstert, kerrievis en natuurlik braaivleis.
  • Gunsteking drankie… Coke Zero of Sprite Zero
  • Gunsteling stokperdjie… Visvang – baie lief daarvoor. Ek het ‘n klein karavaantjie gekoop om te gaan visvang en dit sommer net te geniet.

Meer skolenuus: www.schoolsthatrock.co.za

https://greycollegeprimary.com/

Foto’s verskaf

schoolsthatrock

Related Posts

UK Cricket Tour – St Andrew’s College

UK Cricket Tour. The St Andrew’s College 1st XI found themselves at the exquisite Wellington College campus yesterday for their 6th match of their UK Cricket Tour of England. Having…

Landsdiens Provinsiale Kamp – Hoërskool Ermelo

Landsdiens Provinsiale Kamp. Agtien Erries het die voorreg gehad om die jaarlikse Landsdiens Provinsiale Kamp by te woon. Die kamp is aangebied by die Mighty Apies River Lodge. During the…

Leave a Reply

You Missed

UK Cricket Tour – St Andrew’s College

Landsdiens Provinsiale Kamp – Hoërskool Ermelo

Landsdiens Provinsiale Kamp – Hoërskool Ermelo

Curro represented at Olympics – Curro Hazeldean

Curro represented at Olympics – Curro Hazeldean

IPT Hokkietoernooi – Grey Kollege Primêr

IPT Hokkietoernooi – Grey Kollege Primêr

Onderhoud met Roebie Strauss – Grey Kollege Primêr

Onderhoud met Roebie Strauss – Grey Kollege Primêr

Rhino Noord Vrystaat Hokkiespan – Hoërskool Goudveld

Rhino Noord Vrystaat Hokkiespan – Hoërskool Goudveld