Vakante Beheerliggaampos: Terreinbestuurder

Posbeskrywing:

Dié bestuurder is o.a. verantwoordelik vir die bestuur en ontwikkeling van die terreinpersoneel. Die bestuur, ontwikkeling, instandhouding en inspeksie van die terrein, geboue, voertuie, sekuriteit, tegniese en tegnologiese bates van die skool.

Posvereiste:

  • Nasionale Senior Sertifikaat
  • Voertuiglisensie: Kode B (Minimum)
  • Goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels (Minimum)
  • Goeie administratiewe en finansiële vaardighede
  • Goeie organisatoriese en relevante tegniese vaardighede

Aanbeveling:

  • Vorige ondervinding in ‘n soortgelyke pos
  • Dinamies, energiek, positief en inoverend met goeie menseverhoudings

 

Volledige CV met relevante kwalifikasies en sertifikate per hand,  faks of e-pos:

Faks: 051 522 6661                            E-pos:    info@fichies.co.za

Fichardtpark Primêre Skool, Welthagenstraat, Bloemfontein

Sluitingsdatum van aansoeke:     15 Junie 2018

Aanvangsdatum:   1 Augustus 2018

Like
Like Love Haha Wow Sad Angry