Community Animal Rescue. Hoërskool Langenhoven, Riversdal, sê: “Dit is lekker om te ontvang, maar nóg lekkerder om te gee”. Die Dasse se harte is werklik groot! Die skool het Woensdag, 23 Maart, geld aan CARS (Community Animal Rescue) geskenk.
Verder het die Dasse Vrydag, 18 Maart, tweelingdag gehou. Elke leerder het R5 skool toe gebring om aan die dag deel te neem. Die skool het besluit om hulle harte vir CARS oop te maak en die geld aan dié organnisasie te skenk.
CARS oftewel Community Animal Rescue is ‘n nie-winsgewende organisasie. Hulle visie is om katte en honde te steriliseer en om inentings te doen. Hulle loop van huis tot huis om te sien waar hul behoeftige diere en mense kan help. Hulle leer ook die gemeenskap hoe om mooi na ‘n dier om te sien. Die organisasie kry befondsing deur donasies van die gemeenskap en deur ‘n fooi wat mense betaal as diere aangeneem word.
Sandra Lotz (voorsitter van CARS) kan by 0829621831 gekontak word vir enige navrae of skenkings.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za