Author: Madeleine Da Silva

Sponsored Ads

Lets talk/ Kom ons gesels

Gedagte vir die week | Thought of the week

Besorgdheid is hoop

Vra en vir julle sal gegee word…

-Mattheus 7:7

Ons kyk na die beginsels van omgee vir ander en kom by ‘n baie belangrike een: as jy omgee, gee jy hoop. Dink net hoe moeilik dit sou gewees het om na iemand om te sien as jy hulle geen hoop kon bied nie. Die hoop waarna ek verwys, is Christelike hoop: die hoop gegrond op die Woord van God – dat hulp van die Here sal kom. Het Hy dan nie belowe dat as ons vra, Hy sal gee nie? Of as ons klop, die deur oopgemaak sal word nie? Of as ons soek, ons sal vind nie? Leer om hierdie boodskap te deel met diegene wat seer het, en herinner hulle dat God graag diegene met probleme help. Hy verlos hulle van hul probleme, of gee aan hulle die genade wat hulle in staat stel om hulle pyn in pêrels te verander.

- Selwyn Hughes

Pin It on Pinterest

For more information about COVID-19 please visit: COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal