Afrikaanse Hoër Meisieskool het ‘n geleentheid vir ‘n:

Restaurant bestuurder

AHMP is opsoek na ‘n persoon om die skool se restaurant, Vincent’s, te bestuur. Die persoon moet die balans tussen dienslewering, kliënte satisfaksie en wins verstaan, en kan toepas. Hierdie persoon sal verantwoordelik wees vir die bestuur van ‘n volle werkerskompliment en getaak word met die optimalisering van dienste en winste.
Die perfekte persoon het kontakte in die restaurant bedryf en het ‘n sterk agtergrond in
spyseniering.

Sleutel Prestasie-aanwysers
– Bestuur van alle restaurant aktiwiteite in lyn met die beleid en styl van die maatskappy.
– Bestuur van werkers, insluitend skofte.
– Lewer ‘n diens wat later gemeet word deur tevredenheidsindeks van alle belangegroepe.
– Bestuur en bestel van voorraad.
– Finansiële bestuur van die restaurant, daarstel en bereik van teikens, bestuur die bruto wins persentasie.

Vereistes

Ervaring:
3-6 jaar ondervinding in die restaurant/spyserings-industrie

Kennis/Vaardigheid:
– Kennis in die bedryfoperasies van ‘n restaurant, insluitend mense, produkte en prosesse.
– Uitstekende kommunikasie verbaal en skrywe
– Bestuur en ontwikkeling van werknemers.

Indien u kwalifiseer en bereid is om die ure in te sit om hierdie ‘n belonende ooreenkoms te maak vir alle partye betrokke, stuur asseblief u CV na willem@ahmp.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke om hierdie pos is, Vrydag 09 November 2018 om 12:00.

Like
Like Love Haha Wow Sad Angry